Sjina: VSA, staak jou inmenging in HK

Die Sjinese Minister van Buitelandse Sake het gesê Beijing is besig met die inwerking stel van gepaste maatreëls om die Amerikaanse inmenging in Hong Kong teen te staan.

Hy sê die VSA se parlementslede in die Huis van Verteenwoordigers word gewaarsku om nie langer met Hong Kong in te meng nie.

Die minister sê die Amerikaners se bemoeienis met die Sjinees beheerde Hong Kong sal die kwynende verhouding tussen die twee moondhede verder vertroebel.

Intussen het die VSA se “Hong Kong Menseregte en Demokrasie Wet” nuwe maatreëls ingestel en sal die Sjinese stad jaarliks geëvalueer word om te bepaal of die stad se outonomie onaangetas bly.