Sjina vertoon sy nuutste wapentuig

Tydens die feestelikheid van die 70ste jaar van kommunisme in die Sjinese Volksrepubliek, het die land ook laat oë rek vir sy jongste wapentuig wat vir die eerste keer vertoon is.

Die vreemde ontwerp van die hipersoniese missiel is vertoon, en volgens die beskrywing daarvan sal die Amerikaanse missiel afweerstelsel nie opgewasse wees om die gevaarte neer te skiet nie.

Sjina se vertoning van sy wapentuig het ondermeer bestaan uit ’n totaal van 40% wat vir die eerste keer aan die media vertoon is, en word beskou as ’n opspraakwekkende ontwikkeling van die land wat tot hede alle wapentuig ontwikkelings geheim gehou het.

Militêre deskundiges sê die vertonings is ’n boodskap aan die wereld dat sy vinnig groeiende militêre slaankrag nie onderskat moet word nie.