Sjina verbied swart klere in HK

Die kommunistiese regering van Sjina, wat ook beheer het oor Hong Kong, het ’n verbod geplaas op die uitvoer van swart klere na Hong Kong.

Dit volg nadat ’n ondersoek gelas is na die pro-demokratiese aktiviste leier wat deur die polisie in hegtenis geneem is.

Parlementslede is deur veiligheidsmagte in Hong Kong gedwing om die gebied te verlaat toe hulle by die polisie wou vasstel wat die rde is waarom hulle die aktivis aangeval en beseer het.

Die aktiviste, wat tradisioneel swart klere dra tydens die protes optogte, het ’n terugslag gekry toe die Beijing besluit het dat geen swart klere na Hong Kong uitgevoer mag word nie.

Waarnemers sê die besluit van Beijing het veels te laat gekom aangesien al die duisende protesteerders reeds met swart t-hemde, skoene en maskers toegerus is.