Sjina open sy reuse Daxing lughawe

Die Sjinese hoofstad Beijing het die afgelope naweek sy nuwe lughawe geopen wat beskou word as die wêreld se grootste van die aard.

Die Daxing lughawe se oprigting het $63 miljard gekos en die eerste geskeduleerde vlugte is Sondag begin.

Die hoogs moderne lughawe beskik oor ’n vermoë om 72 miljoen passasiers in ’n jaar te bedien, en sal in 2025 meer as 100 miljoen passasiers kan hanteer.

Die twee lugvaart rederye, Sjina Suidelike Lugvaart en Sjina Oostelike Lugvaart sal egter die hoofrol vervul in die vervoer van passasiers en “Air China” redery sal ’n klein deel van die vlugte hanteer.

Ongeveer 50 rederye vanoor die wêreld het planne om van die lughawe se geriewe gebruik te maak, wat dit waarskynlik die besigste lughawe van die wereld maak.