Sewentig jaar van Sjinese kommunisme

Sjina vier sy 70 jaar van kommunistiese heerskappy en ’n groeiende wêreldmag wat deur die paradepas marsjerende troepe bevestig is.

Duisende Sjinese troepe het aan die skouspel deelgeneem, en Sjina het nie gehuiwer om sy massiewe troepemag te vertoon terwyl die president in sy toespraak gesê het Sjina sal hom steeds beywer vir vrede.

President Xi Jinping het groot klem gelê op die vreedsame ontwikkeling wat gevolg is in die afgelope 70 jaar in die bestaan van Sjina se Kommunistiese  Volksrepubliek.

Die verrigtinge is die belangrikste geleentheid in die Sjinese kalender, en vanjaar is die stad Hong Kong aktief by die feesvieringe betrek met duisende soldate wat in die stad ontplooi is om te voorkom dat die anti-Sjinese demokrate weer ’n massa optog hou.

Sjina het egter die senuwees van sy omgewing se moondhede soos Japan en Taiwan, asook Pakistan tot die uiterste beproef met sy kunsmatige eiland ontwikkeling in die Suid See gebied.