Senior SAID beampte bedank

Nog ’n senior Uitvoerende Beampte het met die SA Inkomstediens ooreengekom om met onmiddellike effek uit diens te tree.

Die uittrede vorm del van die “skoonmaak” proses waarmee die Inkomstediens besig is, en ’n woordvoerder het gesê Teboho Mokoena, die geskorste hoof beampte van die afdeling menslike ontwikkeling het ingestem om die belastinggaarder se diens te verlaat.

Die Inkomstediens het in ruil daarvoor onderneem om nie die uittredende beampte te vervolg nie, en hy is die soveelste geskorste amptenaar van die Inkomstediens wat die diens verlaat om in ruil daarvoor nie vervolg te word nie.

Media berigte lui dat minstens drie van die amptenare wat op soortgelyke wyse die Inkomstediens moes verlaat, noue bande met Tom Moyane het.