Sasol hoofde verplig om te bedank

Die Hoof Uitvoerende Beamptes van die Sasol, Bongani Nqwababa en Stephen Cornell het ingestem om te bedank na ’n onafhanklike ondersoek na ’n uiters omstrede VSA projek.

Die sogenaamde Lake Charles Chemicals Project wat glo sewe produksie eenhede het wat verskillende chemiese produkte sou lewer, waarvan een ’n tipe plastiek is, sou soveel as $12 miljard (sowat R190 miljard) gekos het.

Die maatskappy het oor die afgelope jaar sowat 44% van sy waarde verloor wat direk na die twee gesamentlike Uitvoerende Beamptes gereflekteer en hulle bedankings veroorsaak het.

Die onafhanklike ondersoek het bevind dat die twee hoofde direk verantwoordelik is vir die omstrede projekte, en is na onderhandelinge oorreed om te bedank.