Saoedi open dure vir toeriste

Die eng regering van Saoedi Arabië het nou sy deure oopgegooi en uiteindelik buitelandse toeriste genooi om die land te besoek as deel van die land se ekonomiese en sosiale hervormings.

Te midde van die eerste poging het verskeie skeptiese waarnemers die mening uitgespreek dat ’n ultra-konserwatiewe land soos Saoedi Arabië meer sal moet doen om Westerlinge te oorreed om die land te besoek.

Saoedi het ’n redelike negatiewe beeld by Westerlinge gelaat met sy swak rekord van menseregte, maar daar is ook diegene wat erken dat die land besig is om vroueregte te eerbiedig en ’n reeks hervormings maatreëls ingestel het.

Vit die eerste keer in sy bestaan het die land nou visa toegestaan aan toeriste van die buiteland, danksy die nuwe denke van die kroonprins in die koninkryk.

Die Minister van Toerisme Ahmed al-Khateeb,  het gesê die deur is oop, maar hulle sal eerstens fokus op toeriste uit Sjina, Amerika, Europa en Japan, en burgers uit sowat 50 lande kan aansoek doen om betrekkings te vul in die bedryf.