Saoedi kry VSA missiel afweer stelsels

Die Amerikaanse Weermag is besig om ’n grond tot lug missiel verdedigings basis te ontplooi in Saoedi Arabië nadat die land ’n aanval op sy olie raffinadery gehad het.

Die VSA stuur ook 200 opgeleide manskappe van sy weermag in reaksie op die aanval van die Houthi rebelle wat deur Iran ondersteun word.

Die VSA stuur ’n Patriot missiel afweerstelsel en vier grond basseerde Sentinel radar stelsels om die koninkryk te beskerm teen soortgelyke aanvalle.

Kenners meen die stelsels sal die land beveilig teen hommeltuig en missiel aanvalle wat skade sou aanrig aan staats eiendom sowel as burgerlike teikens.

Twee bykomende Patriot batterye en een Terminal High Altitude Area Defense (THAAD) stelsels word ook ontplooi om die land te vrywaar teen moontlike aggressie van die Houthi rebelle of van Iran.