SA Lugdiens skok die land

Swak sekuriteit, en twyfelagtige nasorg op vliegtuie is van die belangrikste redes waarom toenemende kommer bestaan oor die wenslikheid om met die staats entiteit se rederye dit te waag in die lug.

Reisigers het in vrees en bewing gesit toe Mango Lugdiens se vlug van Johannesburg na Kaapstad in ’n nagmerrie verander het die die tuig ’n skielike neus duik uitgevoer het.

Klaarblyklik is nagemaakte onderdele die hoofrede waarom die lugdiens se vliegtuie al meer onbetroubaar geword het, het ’n kenner aan Die Vryburger gesê.

’n Betroubare bron het gesê dit is vasgestel dat die Boeing 737 waarmee gevlieg is, met onderdele toegerus is wat as tweedehands, en fotiewe dele, bestempel is.

Bewerings is gemaak dat “kriminele ondernemers” die onderdele voorsien en met miljoene rand se skelm transaksies wegkom omdat Boeing onderdele nie by die korrekte voorsieners aangekoop word nie.