SA Lugdiens kanselleer vlugte

Talle vlugte van die SA Lugdiens en sy filiale soos Comair het vlugte gekanselleer omdat ’n oudit-verslag getoon het dat vliegtuie verbied word om op te styg.

Die SA Lugdiens Tegniese afdeling het die oudit vrygestel wat toon dat daar blykbaar “ongerymdhede” is wat met die oudit na vore gekom het.

Die South African Civil Aviation Authority het ’n kennisgewing uitgereik wat verband hou met die “bevinding van ongerymdhede” wat eers reggestel moet word.

Ingeligte bronne sê die SAL, Kulula en Mango rederye se vlugte is geraak en talle vlugte moes gekanselleer word.

In een geval is glo gemeld van ’n “multi aantal foute in die stelsel” kort nadat die vliegtuig vanaf die lughawe opgestyg het, maar die 140 passasiers het hulle lewe dalk te danke aan ’n vlieënier wat die tuig baie gou teruggebring het na die aanloopbaan.