SA hotelle beste in Afrika

 In die Kategorie Afrika Hotelle, het Suid-Afrika se hotelle die kontinent oorheers deur minstens die eerste 30 plekke op te raap.

’n Reisagentskap het die name van die 30 beste hotelle in Afrika gepubliseer, en daarmee het Suid-Afrika met die louere wegstap deur al dertig plekke te verower.

Dit is bekend dat verblyf in die meeste Afrika lande van ’n minder goeie gehalte is, en het die oorwinning van plaaslike hotelle nie as ’n verrassing gekom nie.

Talle hotelle in Kaapstad se name word onder die eerste 30 op die lys gevind, en word daar jaarliks duisend toeriste vanoor die wêreld huisvesting gebied wat meeding met die bestes ter wêreld.

Vanjaar se “Goue” lys van gewilde hotelle, reservate en plesier bote is saamgestel uit 36 lande , en die goue status laat vakansiegangers stroom na die plekke wat in die 30 boonste plekke van die lys verskyn.