SA goudbedryf struikel

Die Goud industrie is onder geweldige druk in Suid-Afrika, en die hoofrede daarvoor word toegeskryf aan die swartes wat goud onwettig ontgin.

Swaar gewapende goud diewe wat in myne werk, is gedurig op die uitkyk vir moontlike bedreigings, en bewerings dat daar polisiebeamptes is wat saamwerk, bemoeilik die taak van wetstoepassers.

Die onwettige delwers, verhandel die goud op die swartmark teen bedrae van soveel as R690,000 per kilogram.

Die industrie sukkel reeds vir meer as twee dekades om kop bo water te hou weens die onwettige myners wat as die zama-zama bekendstaan.

Waar SA die grootste produsent van goud was, het dit nou teruggeval tot in die derde posisie, en daarvoor word twee redes aangevoer. Die ontginning deur die zama-zamas, en tweedens die onbillike looneise asook arbeidspraktyke, en vakbonde se aanhoudende stakings het die bedryf byna op sy knieë.