SA: Die land van verwoesting

Suid-Afrika staan bekend as ’n land waar geweld die oorheersende element is wat verwoesting tot gevolg het in duisende mense se lewe.

Op een of ander wyse is elke leser al getref deur die barbaarse geweld wat maar net nie deur die regime gestop kan word nie.

Huis inbrake is die mees algemene misdaad, en omdat die polisie swak opleiding het, en traag is om die skurke te vang, word dit ’n beter manier vir die rampokkers om geld te maak as om ’n eerbare werk te don.

Meer as 1,3 miljoen insidente van huis inbrake het die land die afgelope jaar getref, wat beteken dat ’n inbraak elke 20 uur plaasvind.

Diefstal van eiendom bly immer gewild, en 1,2 miljoen gevalle is gerapporteer met straat diewery wat glo kort op die hakke is, maar die statistieke daarvoor ontbreek.

Die motor bedryf is ewe aanloklik vir skurke, en meer as 83,000 voertuie is gesteel op verskillende maniere.

Met 57 moorde elke dag is die land meer onveilig as die oorlog geteisterde Sirië, terwyl verkragtings, teistering en korrupsie nog nie gemeet is nie