Ryke wil duisende werksgeleenthede skep

Patrice Motsepe

Een van Suid-Afrika se rykste swartmense het ’n fonds tot stand gebring om voorsiening te maak vir “duisende werksgeleenthede oor die volgende paar jaar”.

Dit is glo sy tweede groot inisiatief wat aangekondig word binne enkele weke, en die miljardêr en sakeman, Patrice Motsepe, het groot planne.

As Uitvoerende Hoof van die myngroep African Rainbow Minerals, het hy ook onlangs aangekondig dat hy ook ’n fonds gestig het om swartmense in die landbou te bemagtig.

Die Motsepe Foundation het glo verbintenis met 33 geloof-instansies en organisasies wat almal gaan begin om werksgeleenthede te skep.

Deskundiges reken egter daar word te veel verwagtinge geskep van instansies en geloofsgroepe wat geen kennis dra van ekonomiese werklikhede nie.

Hy verwag van ander groot instansies om elk R50 miljoen by te dra en sodoende op sy “advies komitee” sitting te neem.