Russiese minister besoek Venezuela

Die adjunk Eerste Minister, Yuri Borisov, van Rusland het ’n besoek gebring aan Venezuela te ondersteuning vn die diktator, president Nicolas Maduro.

Die minister se besoek is daarop gemik om ondersteuning te bied an Maduro wat weens die Amerikaanse sanksies, gebuk gaan onder ernstige ekonomiese en politieke probleme.

Rusland het ’n reuse bydrae gelewer om Maduro aan bewind te hou te midde van hewige opposisie aanvalle en betogings, terwyl Amerikaanse druk die president se kanse op oorlewing bemoeilik het.

Yury Borisov het in Karakas, die hoofstad van Venezuela, ’n toespraak gelewer om Rusland se voortgesette steun te bevestig en die regering van die land te motiveer om steeds hulle steun aan Maduro te gee.

Die Russiese regering en die olie reus Rosneft se voorsiening van meer as $17 miljard in die vorm van lenings aan Venezuela het Maduro staande gehou sedert 2006.

Die ondersteuning is brood nodig aangesien Westerse lande nie meer Maduro erken as president van die land nie, en hulle hoop gevestig hou op die opposisieleier, Juan Guaido, wat ook as tussentydse president erken word.