Russiese bomwerpers land in SA

President Vladimir Poetin

Terwyl die ANC se president, Cyril Ramaphosa, die Afrika afvaardiging na Rusland lei vir samesprekings met die Russiese regering, land twee Russiese bomwerpers op Suid-Afrika se lughawe.

Wat die voorval nog meer merkwaardig maak, is dat Russiese beamptes in die bomwerper was wat alhier met sogenaamde opleiding van polisie en weermag lede sal begin.

Die bomwerpers, wat albei oor die eienskappe beskik om kernwapens te dra, is deur Rusland gebruik om die mense na Pretoria te vervoer wat die opleiding sal verskaf.

Dit het alles gebeur terwyl die voormalige Russiese spioen, president Vladimir Poetin, die vlae laat wapper oor die eerste byeenkoms wat gehou is as die Rusland-Afrika Vergadering.