Russe bou kernkragsentrale in Rwanda

Rusland se atoom kernkrag maatskappy, Rosatom, het ’n ooreenkoms onderteken met die regering in Rwanda vir die bou van ’n sentrale kernkrag aanleg.

Die kragsentrale wat deur wetenskaplikes en tegnologiese deskundiges opgerig en bestuur sal word, sal ’n eerste van sy soort wees in Afrika.

Die ooreenkoms bied ook ’n gulde geleentheid aan Rusland om sy invloed en tegnologie aan die res van Afrika te verkoop.

Die sentrale sal ook wetenskaplike navorsing doen sowel as praktiese aanwending van kern tegnologie bied.

Benewens dit sal die sentrum ook met ’n navorsings eenheid toegerus wees met water-verkoelings reaktor wat tot 10 Megawatt krag sal voorsien.

Rosatom is nie net Rusland se grootste kernkrag maatskappy nie, maar is ook die grootste van sy soort ter wêreld.