Rusland voorkom nog aanvalle op Koerde

 Die Russiese President Vladimir Poetin en sy Turkse eweknie, President Erdogan, het tot ’n ooreenkoms gekom oor hoe die Koerde uit die Noordelik Sirië geneem kan word sonder geweld.

Russiese en Siriese Weermaglede sal ontplooi word in die streek om te verseker dat die Koerde die gebied verlaat, en dat die Koerdiese vegters en hulle wapens nie op die grens met Turkye bly nie.

Die toetrede deur Rusland het verseker dat Turkye hul aanvalle op die Koerde staak, en daarmee die oproep deur die VSA dat Turkye die aanvalle moet staak, tot uitvoer gebring.

Die optrede van Rusland is ’n morele oorwinning vir President Poetin wat klaarblyklik die inisiatief geneem het om te verseker dat Koerde nie verder onderwerp word aan militêre aanvalle nadat President Trump sy troepe uit die gebied onttrek het.