Roemeense regering stort inmekaar

Die regering van Roemenië het ’n mosie van wantroue gekry met ’n meerderheid van stemme in die parlement, en daarmee word ’n oorgangsregering ingestel tot die volgende algemene verkiesing.

Die Sosiaal Demokratiese Party se regering onder leiding van Premier Viorica Dancila het met die wantroue mosie in duie gestort en die oorgangsregering sal dadelik die beheer neem tot die verkiesing in Desember 2020 gehou is.

Ludovic Orban, leier van die amptelike opposisieparty, het later gesê hulle het die Sosialist gestuit in hulle koers om Roemenië te benadeel.

Premier Dancila sal egter voortgaan as Eerste Minister in die oorgangsregering wat klaarblyklik uiters beperkte mag sal hê en geen beleidsrigtings sal aandui nie. 

President Klaus Iohannis kan egter besluit om die leier van die opposisie te vra om ’n regering saam te stel vir die tydperk tot die volgende verkiesing.