Riviere se plastiek afval so beheer

’n Internasionale maatskappy, Ocean Cleanup, het die “Onderskepper” vervaardig en sal glo in ’n 1,000 riviere van die wêreld verantwoordelik wees vir 80% van opvang van plastiek verantwoordelik wees.

Daarmee sal voorkom word dat plastiek rommel na oseane afdryf en die see besoedel wat tans een van die grootste bedreigings is vir die voortbestaan van lewe op aarde.

Die onderskepper beskik oor die vermoë om in groot riviere sy werk te verrig en die deurgang van skepe sal nie daardeur verhinder word om hulle vaart in die riviere voort t sit nie.

’n Nederlandse stigting wat daarna streef om plastiek te verwyder van die wêreld se oseane het die naweek sy eerste model in werking gestel.

Die Yangtze Rivier is Asië se langste rivier, en ook die derde langste rivier in die wêreld, en vloei in die Sjinese Suid See, maar is ook die lewensaar van 480 miljoen mense, wat hulle skuldig maak aan plastiek besoedeling. Die nuwe beheer apparaat sal hopelik sulke besoedeling drasties verminder, is gesê.