Regering se tyd loop uit

Tito Mboweni

Die regering het drie weke tyd om beslissende besluite te neem oor Eskom se posisie en toekoms.  Teen 30 Oktober moet Tito Mboweni sy middel begroting lewer en verduidelik hoe die staat die massiewe reddingsboeie aan Eskom gaan bekom. 

Dit is twee dae voor Moody’s sy gradering van die land se belegging status moet aankondig.  Ramaphosa se tyd van water trap is verby, volgens Susan Booysen van die Mapungubwe Instituut van Strategiese Besinning.

Doe president word beskryf as ʼn swakkeling wat nie beslissing kan neem en uitvoer nie, en sommige anti-Ramaphosa lede van die ANC voorspel dat hy nie die volle termyn in die president amp gaan bly nie.