Regerende party wen Botswana verkiesing

Die regerende Botswana Demokratiese Party het die algemene verkiesing gewen deur 51% van die totale stemme te trek.

Die party het 29 van die 57 setels gewen, en daarmee ’n naelskraap oorwinning verseker.

Die verkiesing het ook geleentheid gebied vir die aanwys van 490 plaaslike owerheid verteenwoordigers.

Mokgweetsi Masisi is vir die volgende termyn as president verkies nadat die Verkiesingskommissie die uitslag bekendgemaak het.

Die hoof opposisieparty het 13 setels verower en die res is deur ’n aantal kleiner partye verower.