Reën bly weg in Oktober

Die voorspellings vir Oktober lyk ni goed nie, en die laaste week van die maand hou weinig belofte in vir reënneerslae in die Sentrale binneland.

Die eerste goeie reën word eers in die tweede helfte van November verwag, en die reënseisoen sal eers van middel Desember tot einde April deurdringend reën bring, sê weerkundiges wat ’n intensiewe studie maak oor die neigings wat tans ondervind word.

Die voorspellers reken ook dat die erge hitte van die komende naweek gaan voortduur, maar die verwagting is dat dit in volgende week ietwat koeler sal word.

Lesers word egter gewaarsku om die direkte sonstrale te vermy deur ’n hoofbedekking te dra, en verkieslik ’n langmou kledingstuk aan te trek.