Ramp tref groot skool dolfyne

Meer as 130 dolfyne is dood gevind op die strand van ’n eiland naby Wes Afrika in nog een van die geheimsinnige “selfmoord” voorvalle wat wetenskaplikes nog nie kon verklaar nie.

’n Ondersoek is van stapel gestuur om te probeer vasstel wat die oorsaak vir die natuur ramp kan wees wat deur verskeie toeriste van die eiland aanskou is.

Toeriste het gesien hoe 163 dolfyne hulleself op die strand begewe het en magteloos op Boa Vista Eiland by Kaap Verde bly le het.

Honderde besoekers het die dolfyne te hulp gegaan en uiteindelik is 45 diere weer lewend die water ingedra.

Enkele karkasse is in vrieskaste gesit om wetenskaplikes in staat te stel om voort te gaan met hulle navorsing.