Ramaphosa stig anti-korrupsie forum

Op die laaste dag van September het die ANC president, Cyril Ramaphosa, se kantoor bekend gemaak dat ’n nuwe Gerondheid Sektor Anti-Korrupsie Forum opgerig is deur die president.

Die geleentheid wat op 1 Oktober in die Uniegebou van stapel gestuur is, het glo die mikpunt om korrupsie in die gesondheidsdienste aan bande te le.

Die stryd teen bedrog en korrupsie in die gesondheidsdienste sektor sal deur die forum gevoer word, en belangegroepe sal glo saamspan om die euwel teen t staan.

Die forum is reeds in 2018 gestig, maar dit wil voorkom asof die inisiatief nou eers deur president Ramaphosa geneem is om uitvoering te gee aan die werk wat die forum moet doen.

Ingeligte bronne het reeds verskeie kere gewag gemaak van die feit dat medikasie en toerusting uit hospitale, klinieke en apteke verdwyn en dat geeneen vervolg word nie.