Ramaphosa se noodkreet

Die president van die ANC regering, Cyril Ramaphosa, het homself ietwat belaglik gemaak toe hy ’n oproep gedoen het dat mense die ondernemings van sakevroue moet ondersteun.

Die president voer klaarblyklik ’n geldige rede aan in terme van die kultuur waarin hy hom bevind, want hy sê sakevroue is meet innoverend, produktief, en het selfs ’n goeie aanvoeling vir winsgewendheid.

Met die heuningkwas het die president ook probeer om die vroue te bemagtig en ook op hulle ’n beroep gedoen tot groter deelname in die ekonomie en handel met ander lande.

Hy het die opmerkings gemaak tydens die Sakevroue Vereniging van SA se byeenkoms in Johannesburg en gevra dat die vroue oom met wenke moet kom om sy ekonomiese forum te verryk.