Ramaphosa se boodskap aan die “nasie”

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het onderneem om weekliks die nasie op hoogte te hou rondom die haglike posisie waarin die land verkeer. 

In ʼn breedvoerige relaas erken hy onder andere dat Ramaphoria in die niet verdwyn het en dat verwagtinge wat gekoester was nie “prakties” uitvoerbaar was nie. 

Hy spog daarmee dat die Nasionale Vervolgings Gesag, die SA Inkomstediens, die SA Polisiediens en die Staats Sekuriteite Agentskap besig is om die integriteit van die staat te herstel. 

Wat hy nalaat is om te sê is wat gedoen gaan word met diegene wat die staat besteel het en spreek hy nie die hoë misdaad vlakke aan nie.