Ramaphosa plan bly onbekend

Die ANC president se plan om Eskom uit die gemors te kry, het nog steeds nie bekend geword nie en is klaarblyklik ’n staatsgeheim of so ’n plan bestaan hoegenaamd glad nie.

Dit is die mening van ’n deskundige in Pretoria wat sy visier ingestel het op die president se beloftes wat nooit werklikheid word nie, het hy gesê.

Die Ramaphosa plan om Eskom se skuldlas, wat nou die R440 miljard merk verby is, afgewerk te kry, en om die entiteit so te laat bestuur dat dit goeie winste lewer sonder om nog buitensporige tarief verhogings in te stel, verg veel meer as ’n Ramaphosa plan, word gesê.

Die kragvoorsiener se verlies vir die afgelope boekjaar het R21 miljard beloop, wat ’n duidelike aanwyser is dat die onkunde om goeie bestuurspraktyke toe te pas, geheel en al ontbreek.

Die Ramaphosa plan sal iets meer moet wees as wat hy tot nou toe as planne aangekondig het, en om ’n R21 miljard verlies om te draai vir die huidige boekjaar na ’n voordelige balans, is meer kundigheid nodig as waaroor Eskom tans beskik.