Ramaphosa gaan bedel in Londen

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa is op ’n bedel sending na Londen in ’n poging om die bankrot Suid-Afrika se ekonomiese ondergang te voorkom.

Die besoek is ’n uitvloeisel van die onlangse afspraak net die Presidensiële Ekonomiese Adviesraad wat glo uit deskundiges saamgestel is en aanbeveel het dat die ANC president in die buiteland moet gaan bedel.

Met munisipaliteite wat tegnies bankrot is weens hulle skuldlas aan Eskom, en die kragvoorsiener se bedryfsverlies van R21 miljard, asook ’n skuldlas van R430 miljard, is dit onwaarskynlik dat beleggers dit sal waag om in Suid-Afrika te bele.

Met Moody’s as die enigste graderingsagentskap wat Suid-Afrika nog nie tot rommelstatus afgradeer het nie, word Ramaphosa se sending weer tot mislukking gedoem.

Sy beloftes van twee jaar gelede dat beleggers miljarde in Suid-Afrika gaan belê, was ’n foefie wat tot niks gelei het nie, en sy nuwe sending sal vol beloftes wees, maar niks gaan gebeur nie, word gesê.,