Quebec: Klanke oor onafhanklikheid gesmoor

Die twee sterkste politieke partye in Kanada het albei op verskillende tye die moontlikheid verwerp dat hulle sal toelaat dat die Franssprekende Quebec onafhanklikheid kry.

Die Bloc Quebecois se leier in die Franstalige provinsie, Yves-Francois Blanchet, is deur die twee leiers in Kanada teengestaan kort voordat die algemene verkiesing van Maandag sou begin.

Die leier van die Konserwatiewe Partye in Kanada, Andrew Scheer, is ’n ’n sterk posisie om die verkiesing te wen, maar geniet weinig steun in Quebec vanweë sy standpunt om nie ten gunste van die provinsie se onafhanklikheid te wees nie.

Die Eerste Minister, Justin Trudeau het hom ook skerp uitgespreek teen die moontlikheid in ’n poging om meer steun in die res van Kanada te kry.