President veroordeel oor lamlendigheid

Natasha Mazzone

’n Voormalige sake persoonlikheid, Natasha Mazzone, het die ANC se president, Cyril Ramaphosa, skerp veroordeel vir sy lamlendige optrede.

Sy sê die president het weer toegelaat dat die Verenigde State van Amerika moes ingryp teen die Guptas, en so die land se vuilwerk moes doen.

Die beskuldiging kom nadat die Trump-administrasie aangekondig het dat sanksies teen die Gupta broers ingestel word wat hulle sakebelange ’n ernstige knou sal gee.

Natasha Mazzone wat klaarblyklik ’n ingeligte persoon is oor die Guptas, het reeds verskeie kere opmerkings oor die Guptas gemaak, en die jongste geval het sy gebruik om daarop te wys dat die ANC regime lamlendig optree sodat die VSA verplig gevoel het om die land se vuilwerk vir hom te doen.

Met die minder vleiende beskuldiging teen Ramaphosa, is hy oppad na Londen om te gaan bedel sodat die Suid-Afrikaanse ekonomie nie verder in duie stort nie.