President verdedig Bolivia verkiesing

President Evo Morales

Na weke van ongelukkigheid tussen die twee grootste groepe in Bolivia, wil dit lyk of die hertel van stemme regoor die land, uiteindelik ’n wenner gebring het.

Alhoewel die land se president, Evo Morales, die hertel en daaropvolgende uitslag van die verkiesing probeer verduidelik en verdedig het, is daar nog ander wat weier om te aanvaar dat Morales die wenner is.

Morales word daarvan beskuldig dat ’n gekonkel plaasgevind het, maar die president sê sy meerderheid het verbeter met die tweede telling van stemme.

Die vêr linkse leier het glo ’n 10 punte voorsprong op die naaswenner in die opvolg verkiesing van die komende naweek.

Die nuus van sy voorsprong het protes aksies en massa optogte in die stede tot gevolg en polisie moes met water kanonne en rubber koeëls teen die aktiviste optree.