President van Brasilië bereik mylpaal

President Jair Bolsonaro

Die president van Brasilië het ’n mylpaal bereik wat deur talle van sy voorgangers nagestreef is, maar dit nooit deurgevoer kon kry nie.

President Jair Bolsonaro het met vreugde gesien hoe die Senaat sy voorstelle finaal goedgekeur het met die hervorming van die nasionale pensioen stelsel.

Bolsonaro het hervorming van die pensioen stelsel as ’n verkiesingsbelofte gepropageer, en binne die eerste jaar van sy bewind daarin geslaag om dit goedgekeur te kry.

Die hervormingsplan het ook ten doel om sakevertroue te herstel en die stabilisering van die openbare finansies uit te bou.

 Die verbetering van die pensioenstelsel sal die land se Departement Tesourie ’n enorme besparing van meer as $200 miljard verseker wat ’n groot invloed op die sake bedryf en op die openbare sektor sal hê.