Poolse nasionaliste wen verkiesing

Die Poolse nasionalistiese Wet en Geregtigheid party is vir ’n tweede termyn verkies om Pole te regeer, en kon daarin slaag om sy meerderheid van die vorige termyn te behou.

Alhoewel die linkse opposisieparty wat slegs 27% steun gekry het wil probeer om die ander drie kleiner partye te oorreed om in ’n koalisie as alternatiewe regering die leisels oor te neem, sal die kleiner konserwatiewe party nie bereid wees tot so ’n stap nie, en sal daarmee ook verhinder dat die nasionaliste uit die kussings gelig word.

Die Wet en Geregtigheid party het net meer as 43% van die stemme gekry, wat gelykstaande is aan sy vorige meerderheid.

Waarnemers wys daarop dat die regerende nasionaliste wel ’n geringe vergroting in sy steun behaal het, en weer soos voorheen, nie nodig het om ’n koalisie regering te vorm nie.

Die regerende party het egter sy meerderheid in die Senaat verloor.