Polisie wandade wod geïgnoreer

Die wandade van polisiebeamptes word klaarblyklik geïgnoreer as die statistieke oor klagtes teen die polisie in aanmerking geneem word.

Van meer as 40,000 klagtes teen die polisie, wat almal van kriminele aard is, het 532 gevalle gelei tot vervolging van die beamptes.

Polisie brutaliteit is talle kere op video vasgevang deur omstanders met selfone, maar duisende gevalle is nie op die manier as bewysstukke beskikbaar nie, en gevolglik kom die skuldiges skotvry daarvan af.

Die onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat is klaarblyklik nie in die vermoë om elke geval behoorlik te ondersoek nie weens ’n gebrek aan werklike onafhanklikheid en ’n swak kapasiteit.

Dit is die mening van deskundiges wat gereageer het op die verslae in die verband wat vrygestel is, en onbevestigde berigte dui daarop dat omkopery en korrupsie ook op die vlak ondervind word.

Ingeligte bronne wys daarop dat ernstige kriminele dade wat deur die polisiebeamptes begaan is teen duisende mense, nooit na die oppervlakte kom nie, en is die klagtes net geïgnoreer asof die misdaad nie gepleeg is nie.