Poetin speel sy sagmaak kaart

Pres. Vladimir Poetin

Moskou blameer nie die Amerikaanse president, Donald Trump, vir die mislukking om verhoudinge te verbeter tussen die twee lande nie.

Die is die mening van President Vladimir Poetin van Rusland wat hy gehuldig het tydens ’n televisie onderhoud.

Hy sê die Russe het geen invloed uitgeoefen op die presidentsverkiesing in die VSA van 2016 nie, en kan nie die Amerikaanse president blameer vir die swak verhouding tussen die twee super moondhede nie.

Die onderhoud wat gevoer is met ’n Arabiese televisienetwerk is die afgelope naweek uitgesaai waartydens hy ook gesê het president Trump het tydens sy verkiesingsveldtog ook gesê hy sal probeer om die verhouding met Rusland te verbeter, maar dit het ongelukkig nog nie gebeur nie.

Poetin wys ook daarop dat die interne politieke situasie in die VSA van so ’n aard is dat president Trump nog nie by die verbetering van verhoudings met Rusland kon kom nie.