Planne nodig vir misdaad bekamping

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê by name van sy woordvoerder dat hy bemoedig is deur die afname in moord gevalle en die toename in arrestasies wat gedoen is na moorde aangemeld is.

Die minister het slegs verwys na die gewelddadigheid in die Wes-Kaap, en nie melding gemaak van die stygende moord gevalle in ander dele van die land nie.

Die poging om misdaad en veral moorde in die Wes-Kaap te bekamp onder die sogenaamde Operation Lockdown waarby doe Weermag soldate ingesleep is omdat die polisie nie opgewasse is vir hulle taak nie, was wat Cele aanbetref ’n sukses, maar die toename in misdaad in dele van Natal en Sentraal Transvaal, word nie aan die publiek bekend gemaak nie.