Parys brandweermanne in opstand

Die Franse polisie moes traangas gebruik teen die brandweer personeel van Parys wat ’n verset optog hou om beswaar te maak teen hulle lang werksure en ander griewe.

Die polisie moes later ook waterkanonne inspan om die honderde brandweermanne te beheer, maar dit het tot konflik tussen die twee groepe veroorsaak.

Duisende brandweermanne vanoor Frankryk het die optog meegemaak waartydens beter vergoeding geëis is en gewaarborgde pensioen voordele asook groter respek vir hulle professie gevra word.

Die brandweermanne het selfs die staal heining rondom die Franse Laerhuis bestyg toe die polisie hulle met traangas wou ontwrig.

Die betogers sê daar is ernstige probleme wat die hele land se brandweer kan lamlê , maar die regering wil nie luister na die besware nie.