Parlement oorweeg Johnson ooreenkoms negatief

Premier Boris Johnson

Eerste Minister Boris Johnson het Saterdag sy Brexit ooreenkoms aan die Britse parlement voorgelê om ’n beslissing te kry by wys van stemming oor die aanvaarbaarheid van die skeidingspakket met die Europese Unie.

Die parlement se beslissing het ’n finaliteit gebring wat die Verenigde Koninkryk direk raak, en kan lei tot ’n veel dieper verdeeldheid as die reeds verkrummelde verhouding onder Britse parlementariërs.

Debatte is Saterdag gevoer, maar uiteindelik het Johnson die rondte verloor en sal hy vanweë ’n stemming van 322 teen sy steun van 306 stemme, die EU moet vra vir verlenging wat noodwendig na 31 Oktober sal wees.

Sy belofte aan die kiesers is deur die linkse Arbeidersparty en ander parlementslede gekelder wat hom noop om “uitstel” te vra by die Europese Unie.