Oud Speaker in slaggat

Baleka Mbete

Baleka Mbete, die vorige speaker van die ANC parlement, het byna soos Zuma voorgekom tydens ʼn radio onderhoud.

Sy het onder andere die Nkandla opgradering goed gepraat en ontken dat die ANC te blameer is vir die staatskaping. 

Sy het so ver gegaan om te sê dat misdaad deur die kolonialiste (sien wit)  die land ingebring is en sy weet ook nie wie verantwoordelik was vir die Marikana slagting nie.

Sosiale media was nie genadig met hul oordeel oor en veroordeling van die onderhoud nie en sien dit as ʼn pynlike refleksie van Suid Afrikaanse politieke leierskap.