Ou staalnywerheid sluit sy deure

Robor, die staalnywerheid wat reeds vir 97 jaar in die vervaardiging van staal goedere ’n besondere diens gelewer het, sluit sy deure finaal.

Die vrywillige likwidasie van ’n nywerheid wat staal pype en ander staal produkte vervaardig het, word toegeskryf aan die swak gehalte, goedkoper produkte wat deur Sjinese instansies vervaardig word.

Die Tiso Blackstar maatskappy het in reaksie gese hy skryf sy R137 miljoen belegging af wat hy in Robor belê het.

Die sluiting van Robor word allerweë beskou as ’n ernstige saal wat grotndels veroorsaak is deur die regering se beleid van Sjinese ondersteuning ten koste van binnelandse maatskappye, sowel as die swak ekonomiese toestand waarin die land verkeer weens die onvermoë van die ANC regime.