Oostenryk nasionalis tree uit politiek

Heinz-Christian Strache

Die leier van die nasionalistiese Vryheidsparty in Oostenryk, Heinz-Christian Strache, het sy amptelike uittrede uit die politiek bekend gemaak.

Strache het die as vise-kanselier in die regering van Sebastian Kurz gedien toe hy betrap is van ’n omkoop skandaal en deur Kurz gevra is om te bedank.

Hy het daarna ook sy party uit die koalisie onttrek wat gelei het tot die afgelope naweek se algemene verkiesing waarin Kurz met ’n groter meerderheid die verkiesing gewen het.

Heinz-Christian Strache se uittrede uit die politiek kan dit moontlik maak dat Kurz weer bereid sal wees om ’n koalisie te vorm met die Vryheidsparty, maar kenners reken dit kan etlike weke duur voordat Sebastian Kurz se konserwatiewe Volksparty ’n finale keuse sal maak van ’n koalisie vennoot.