Oekraïne president weerlê bewerings

Volodymyr Zelenskiy

President Volodymyr Zelenskiy van die Oekraine het in ’n verklaring gesê hy het nog nooit die twee mense ontmoet wat betrokke was by die Trump verkiesings nie.

Hy sê die twee mans wat nou gearresteer is deur die polisie en wat na bewering sakemanne is,  is aan hom onbekend.

Vroeër is bewerings gemaak dat Lev Parnas of Igor Fruman,wat glo behulpsaam was met President Trump se persoonlike regsverteenwoordiger se ondersoek na Joe Biden, verbind kan word aan die president van die Oekraïne.

Nou blyk dit dat die Demokrate weereens die verkeerde feite najaag in hulle poging om Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas, want alle bewerings wat gemaak word, word deur gesaghebbendes weerlê.

Die twee persone is in die VSA gearresteer oor geld uitruilings van buitelandse aard vir die Trump verkiesingsveldtog.

President Zelenskiy het ook gesê dat Washington geen dokumentasie gevra het, of aan hom gestuur het oor die twee persone nie.

Later is berig dat President Donald Trump ook gesê het hy ken die twee mense wat gearresteer is, van geen kant nie en kan ook nie bevestig of hulle met sy persoonlike regsverteenwoordiger geassosieer is nie.