Oekraïne in opstand teen nuwe president

President Volodymyr Zelenskiy

Duisende kiesers het aan ’n optog in die hoofstad Kiev van die Oekraïne deelgeneem uit protes teen die koers van die nuwe president.

President Volodymyr Zelenskiy se besluit om outonomie te gee aan die omstrede pro-Russiese rebelle wat beheer uitoefen in die ooste van die land.

Die president het die toegewing gemaak met die hoop dat die jarelange konflik met Rusland en die pro-Russiese rebelle tot ’n einde sal kom.

In ’n eerste poging op positiewe vrede in die gebied te ontwikkel na vyf jaar van gewelddadige konflik, is die rebelle se eis om outonomie deur die president goedgekeur, maar die kiesers van die Oekraine sê dit bring mee dat ’n deel van die land afgegee word aan Rusland.

Die gesprek tussen regering en die pro-Russiese rebelle Dinsdag, het die argwaan van duisende kiesers ontlok wat die hoofstad se strate beset het met ’n massa optog.