Oekraïne behoort Biden te ondersoek

Voormalige premier

Die voormalige Eerste Minister van die Oekraïne, Mykola Azarov, het in reaksie op die debakel rondom President Trump se telefoon gesprek met sy eweknie, gesê die omstrede geval van Joe Biden se seun behoort weer ondersoek te word.

Hy sê dit sal ’n stabiliserende uitwerking vestig van wat Hunter Biden se rol was in die Oekraïne se gas maatskappy en hoe dit inpas by die land se wette.

Mykola Azarov het tydens ’n TV program sy mening gegee oor die opspraakwekkende voorval waarby Biden se seun Hunter betrokke was, en wat vermoedelik gestaak is op aandrang van die huidige presidentskandidaat van die Demokratiese Party in die VSA, wat op daardie stadium die vise-president in die Obama regering was.

Hunter Biden en Joe Biden is onder die soekligte nadat President Trump gevra het dat die president van die Oekraïne weer die  gebeure in die Burisma Holdings Limited maatskappy moet ondersoek.

Hunter Biden is vervolg, maar op onverklaarbare wyse is die ondersoek na sy optrede skielik beëindig, en die vermoede bestaan dat sy pa, toe die VSA se vise-president, iets daarmee te make gehad het.