OB verslae word geïgnoreer

Die mislukking en nalating van die regering se departemente om te handel met die administratiewe deel word beklemtoon in die Openbare Beskermer se verslae, maar het die indruk gelaat dat haar kantoor toksies is.

Dit is die mening van die ongewilde Openbare Beskermer wat reeds verskeie kere die onderspit gedelf het in verskillende hooggeregshof sake.

Busisiwe Mkhwebane het Vrydag aan die parlement ’n relaas gelewer wat haar waarskynlik nog meer ongewild kan maak.

Sy het daarop gewys dat haar aanbevelings nie deur haar kantoor afdwingbaar is nie aangesien mense die howe nader, waar sy klaarblyklik telkens aan die verloorkant staan.

Vroeër het sy gesê die hooggeregshof kelder haar werksaamhede, maar die algemene mening is dat haar verslae nie deeglik deurdagte feite bevat nie, en dit het gelei tot die neiging dat geeneen hulle steur aan haar verslae nie.