OB kla oor Gordhan en Ramaphosa

Die Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane het weer ’n strydbyl gevind en daarmee die spanning met Pravin Gordhan , asook met Ramaphosa verhoog.

Die ongemaklike situasie met die OB toon geen moontlikheid van ’n afname met haar optrede by die Universiteit van Tegnologie waar sy nie gehuiwer het om kritiek uit te spreek teen die ANC se president en minister nie.

Sy het studente toegespreek en ook gesê die president handel nie volgens meriete nie, en geïnsinueer hy tree op volgens eie gevoel.

Busisiwe Mkhwebane het voorheen aanbeveel dat dissiplinêre aksie teen Minister Gordhan ingestel word weens sy beweerde optrede in die SA Inkomstediens.

Sy het weer verwys na haar aanbevelings oor Ramaphosa, en daarmee die moontlikheid van verdere optrede teen haar versterk, maar waarnemers reken haar reputasie as OB het nou so veel kinkels dat haar geloofwaardigheid geen waarde het nie.