Nuusflitse

Gauteng onderwys verkwis miljoene Rand

Die groot meneer van Gauteng onderwys Panyaza Lesufi het kritiek gekry op sy departement se meer as R1,2 miljard se onreëlmatige uitgawes.  Dit was hoofsaaklik weens tender onreëlmatighede rondom die skool voedings skema.

Tesourie skiet Gesondheidsplan af

Weens krimpende groei en ‘n begrotings tekort is die bekostigbaarheid van die voorgestelde nasionale Gesondheid Wet nie meer haalbaar nie.  Dit volgens Tesourie  en die medium begroting wat sopas aangekondig is.  Meer as R33 miljard sal jaarliks benodig word om die program deur te voer.