Nuusflitse

Nog meer universiteite

Ramaphosa het na druk van die Ekurhuleni burgemeester toegegee dat daar in elke Metro area ʼn universiteit moet wees.  Dit was tydens die Oliver Tambo herdenkingsgeleentheid in die  Tamboville begraafplaas in Brakpan.  Universiteite in Suid Afrika was die afgelope paar dekades broeiplekke van geweld, onrus en saakbeskadiging. Wie die koste moet dra van nog ‘n universiteit is nie uitgespel nie.

Munisipale gebou in Ritchie beskadig

Opstokers het die munisipale kantore in Ritchie, Noord Kaap aan die brand gesteek. Dit is weereens onder die voorwendsel van dienste proteste. 

Nersa tegnies bankrot

In ‘n skrywe aan die Parlementêre Portefeulje Komitee van Minerale en Energie Sake word aangetoon dat Nersa sedert 2016 tegnies bankrot is en onreëlmatig gebruik gemaak het van ander fondse om bestuurs uitgawes en salarisse te betaal.  Dit blyk dat Kelvin Kemm en Phumzile Tshelane as voorsitter en Uitvoerende hoof onderskeidelik verantwoordelik is vir die misbruik van fondse. Bedrae van R445 miljoen is ter sprake by die “skuif” of leen van fondse by filiale soos die Safari LEU fonds en die NTO Radioisotope filiaal.